# Die LUR vir Infrastruktuur in die Wes-Kaap, Tertuis Simmers, het 20 “Break New Ground “-huise as deel van die 113-miljoen-rand Bergsig-behuisingsprojek in Calitzdorp oorhandig. Sowat 564 gesinne het reeds huise ontvang, met ‘n verdere 92 wat teen die einde van Augustus beskikbaar gemaak sal word om die totaal op 656 te staan bring. Die projek is gerig op agterplaas-inwoners en plaaswerkers om hulle nader aan dienste te bring. Die LUR sê ondanks vandalisme en elektrifiseringvertragings, het die departement lewering deur oorbruggingsbefondsing en herstelwerk bespoedig: