Skip to content

Rugby: Twee Junior-Springbokke versterk WP se span

# Rugby: Westelike Provinsie is versterk deur die insluiting van twee Junior-Springbok-wêreldkampioene in sy opdrafspan vir vandag se Curriebekerwedstryd teen die Cheetahs in Bloemfontein. Riley Norton maak sy buiging op flank en Gino Cupido speel buitesenter. Die beseerde kaptein, Zain Davids, word vervang deur Gary Porter. Hoofafrigter Labeeb Levy sê sy span is gefokus om ‘n 80-minute-vertoning te lewer. Hy sê om na Bloemfotein te reis is altyd ‘n groot uitdaging, maar hulle gryp dit aan.