# President Cyril Ramaphosa prys die nasionale konvensie van die Nasionale Dialoog as ‘n geskiedkundige platform om Suid-Afrika se uitdagings openlik en met respek aan te pak. Hy het in sy hooftoespraak by die Universiteit van Suid-Afrika in Pretoria gesê geen stem is te klein nie en en eenheid in verskeidenheid moet die nasie lei deur toenemende werkloosheid, armoede, ongelykheid en ‘n vertrouenskrisis. Hy vra aanpassing in ‘n vinnig-veranderende wêreld en sê nasies word gedefinieer deur hulle reaksie op die grootste uitdagings:
Ramaphosa bepleit eenheid te midde van uitdagings aan begin van Nasionale Dialoog [KLANK]
ENG-RamaphosaOnDialogue