Skip to content

Rugby: SA se Onder-18 spanne is gereed vir laaste wedstryde van die Internasionale-reeks in die Paarl

# Rugby: Suid-Afrika se twee spanne is oorgehaal vir môre se laaste wedstryde van die Onder-18 Internasionale Reeks in die Paarl. Die afrigters het verskeie veranderings aangebring om meer spelers ‘n kans te gee om op ‘n hoër vlak te speel. Die aksie begin 11.30 wanneer die SA onder-18 ‘A’ span teen Frankryk speel, gevolg deur die kragmeting tussen Ierland en Georgië. Die SA Onder-18 span gaan daarna probeer om sy derde oorwinnning van die toernooi te behaal in die hoofwedstryd teen Engeland om 3.30 die middag.