# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus moes op die nippertjie ʼn verandering aanbring aan sy span wat Australië môre in hul eerste Rugbykampioenskaps-kragmeting op Ellispark pak. Jan-Hendrik Wessels moes onttrek nadat hy Woensdag tydens oefening ʼn ligte besering opgedoen het, en die stut Boan Venter sal vir hom instaan. Venter, Bongi Mbonambi en Asenathi Ntlabakanye is die voorry-spelers op die bank.
Rugby: Bokspan verander op die nippertjie met Boan Venter wat instaan vir Jan-Hendrik Wessels