Skip to content

Staatsdiensvakbond vra strenger voedselveiligheid-protokolle by Oos-Kaapse skole [KLANK]

# Die Vereniging van Staatsamptenare sê daar is ʼn dringende behoefte aan strenger nakoming van voedselveiligheid-protokolle, gereelde inspeksies en die monitering van voedselvoorbereiding en -berging in Oos-Kaapse skole. Meer as 150 leerders van die Landbouskool Gobisizwe in Mthatha is Woensdag na die hospitaal gehaas nadat hulle vermoedelik voedselvergiftiging opgedoen het. Thami Makuzeni van die vakbond sê hulle is bekommerd oor die herhaalde voorvalle ondanks die provinsiale Onderwysdepartement se riglyne oor voedselveiligheid:

ENG MakuzeniOnFoodPoisintiog