# ActionSA het die Stad Tshwane onder die leiding van burgemeester Nasiphi Moya, geloof vir die skep van 85-persent van Gauteng se nuwe werkgeleenthede. Die jongste kwartaallikse arbeidskragopname wys dat van die tweede kwartaal in 2024 tot die tweede kwartaal vanjaar, die metro 71-duisend van die 83-duisend nuwe werkgeleenthede in Gauteng geskep het. Samkelo Maseko van ActionSA gee die eer aan die Tshwane Ekonomiese Herlewingstrategie wat 17-miljard se beplande beleggings getrek het om groei te bevorder:
ActionSA loof burgemeester van Tshwane vir werkskepping [KLANK]
ENG MasekoONJobs