Skip to content

Tennis: Verdedigende kampioen Sinner deur na halfeindronde van Cincinnati Ope

# Tennis: Die verdedigende kampioen, Jannik Sinner, het maklik deurgedring na die halfeindronde van die Cincinnati Ope met ‘n oorwinning oor Felix Auger-Aliassime van Kanada. Die Italianer sal nou teen die Franse kwalifiseerder Terence Atmane te staan kom wat die Deen Holger Rune verslaan het om sy eerste ATP Meesters-een-duisend halfeindronde te bereik. In die vroue-afdeling het die Amerikaner Coco Gauff ‘n kwarteindronde-ontmoeting met Jasmine Paolini bespreek nadat sy nog ‘n Italianer, Lucia Bronzetti, verslaan het. Paolini het Barbora Krejcikova van die Tsjeggiese Republiek geklop.