Skip to content

Rugby: Haaie hoop om hulle Curriebeker-veldtog vanmiddag in Kimberley weer op dreef te kry

# Rugby: Die sukkelende Haaie hoop om vanmiddag hulle Curriebekerveldtog weer op dreef te kry te kry wanneer hulle in Kimberley teen Griekwas speel. Die Durbanse span het al drie sy eerste wedstryde verloor en is sewende op die punteleer, net voor Westelike Provinsie, terwyl Griekwas sesde is. Die voorloper op die punteleer, die Pumas, verwelkom die vyfde-geplaasde Leeus môremiddag in Mbombela, terwyl die tweede-geplaasde Cheetahs die WP in Bloemfontein aandurf. Die Boland Kavaliers, derde op die punteleer, speel Sondag in Wellington teen die Bulle, wat vierde is.