# Die voormalige Springbok-speler en afrigter van Westelike Provinsie, Dawie Snyman, is in die ouderdom van 76 jaar dood. News24 berig Snyman, wat tussen 1972 en ’77 tien toetse vir Suid-Afrika gespeel het, is verlede maand met leukemie gediagnoseer. Hy word onthou vir die reeksoorwinning oor die All Blacks in 1976 en vyf agtereenvolgende Curriebeker-titels vir WP vanaf 1982 tot ’86. Rugby loop diep in Snyman se familie, met sy broer Jackie wat ook ‘n oud-Springbok is en sy broerskind Dawie wat tans die Stormers se hulpafrigter is.
Rugby: Legendariese Springbok-speler en WP-afrigter Dawie Snyman sterf op 76