# Rugby: Die Springbok-heelagter Aphelele Fassi sien uit na die geleentheid om stelskoppe by sy arsenaal te voeg in Saterdag se Rugbykampioenskapstoets teen die Wallabies in Johannesburg. Hy sal moontlik die skop-verantwoordelikhede met die losskakel Manie Libbok deel, wat die enigste ander erkende stelskopper in die groep is. Fassi sê hy oefen nou al geruime tyd hierdie deel van sy spel. Hy verwag ‘n fisieke kragmeting, maar glo dat die Bokke slegs hulle strukture moet handhaaf wanneer hulle met die verdediging van hulle titel op Ellispark begin.
Rugby: Fassi kry nuwe rol as bykomende stelskopper vir Saterdag se toets teen die Wallabies