Skip to content

MK-party daag Ramaphosa se besluit oor Mchunu in Hooggeregshof uit

# Die MK-party het ʼn dringende aansoek by die Gautengse Hooggeregshof ingedien om president Cyril Ramaphosa se besluit om die minister van Polisie, Senzo Mchunu, op spesiale verlof te plaas en Firoz Cachalia as waarnemende minister aan te stel, om te keer. Dit volg nadat die Konstitusionele Hof die party in Julie regstreekse toegang geweier en aangevoer het die saak val buite sy eksklusiewe jurisdiksie. Die party daag ook Ramaphosa se besluit uit om die Madlanga-ondersoekkommissie te stig om beweerde korrupsie, sameswering en politieke inmengery in die polisiediens te ondersoek.