# AfriForum het beloof om brandbestrydingsdienste in Tshwane te ondersteun. Die volg na die uitspraak van die Hoogeregshof in Pretoria wat die stad gelas het om regskoste te betaal nadat hulle hul saak teen die Sinoville Brandbestrydingsvereniging verbrou het. Die hof het die stad gekritiseer dat hy sonder behoorlike gesag opgetree het om privaat brandweerdienste te verban. Tarien Cooks van AfriForum sê die fondse sal gebruik word om privaat brandweerkapasiteit te versterk, terwyl die hoof-wetsgeding oor privaat brandweerdienste voortduur:
AfriForum belowe om aan te hou veg vir regte van privaat brandweerdienste [KLANK]
AFR CooksOnFireServices