Skip to content

Man tot 25 jaar gevonnis vir diefstal en beskadiging van Telkom-kabels in Aeroton

# Die Landdroshof in Booysens in Gauteng het Mxolisi Ntshulayilo tot 25 jaar tronkstraf gevonnis vir diefstal en die beskadiging van Telkom-koperkabels in Aeroton in 2024. Hy het ‘n vonnis van 15 jaar vir die beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur en tien jaar vir diefstal gekry. Die voorval het kommunikasiedienste ontwrig en sakeverliese van ongeveer 100-duisend-rand veroorsaak. Die hof het gewaarsku om te peuter aan kritieke infrastruktuur veroorsaak ‘n nasionale krisis. Phindi Mjonondwane van die Nasionale Vervolgingsgesag sê die peuter aan noodsaaklike infrastruktuur sal nie geduld word nie.