Skip to content

Atletiek: Duplantis sal ster-atleet wees op Wêreldatletiek se nuwe kampioenskap

# Atletiek: Die paalspring-wêreldrekordhouer, Armand Duplantis, is opgewonde oor die ambassadeursrol wat hy volgende jaar gaan speel tydens Wêreldatletiek se nuwe kampioenskap. Die Sweeds-Amerikaanse atleet het onlangs sy 13de rekord in die item opgestel en het ook twee Olimpiese gouemedaljes verower. Hy is as die Ster-atleet van die nuwe kampioenskap aangewys. Die byeenkoms sal teen die einde van die 2026-seisoen in Boedapest, Hongarye plaasvind, en daarna elke twee jaar. Prysgeld vir die eerste jaar beloop 175-miljoen-rand.