# Die Stad Kaapstad het ‘n openbare versoek aan die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Sisisi Tolashe, gerig om befondsing en ondersteuning te verskaf aan sy Dial-a-Ride-diens vir mense met gestremdhede. Die diens vervoer ongeveer twee-duisend-200 gebruikers per maand maar worstel met ‘n begrotingstekort van byna een-miljoen-rand per maand. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Mobiliteit, Rob Quintas, sê die diens kan nie sonder nasionale ondersteuning voortgaan nie en dit help gebruikers om te kan werk, mediese sorg te ontvang en noodsaaklike dienste te bereik.
Kaapstad versoek nasionale regering om Dial-a-Ride-diens vir mense met gestremdhede te befonds