Skip to content

BOSA eis duidelikheid van Ramaphosa oor befondsing en proses van nasionale dialoog

# Build One South Africa se leier, Mmusi Maimane, het president Cyril Ramaphosa versoek om dringend duidelikheid te verskaf oor die befondsing en die proses rakende die nasionale dialoog, wat Vrydag begin. Maimane het skriftelik kommer uitgespreek of die dialoog werklik burgergedrewe sal bly, en gewaarsku die proses verkeer in gevaar om te misluk sonder deursigtigheid, inklusiwiteit en verantwoordbaarheid. Roger Solomons van BOSA vra Ramaphosa om te verseker die dialoog weerspieël die stemme van alle Suid-Afrikaners.