# COPE ondersteun in beginsel ‘n Nasionale Dialoog om Suid-Afrika se uitdagings te bespreek en eenheid te bevorder, maar verwerp Vrydag se haastig beplande Nasionale Konvensie. Die waarnemende nasionale voorsitter, Pakes Dikgetsi, kritiseer die gebrek aan deursigtigheid met die keuring van afgevaardigdes, uitnodigings en die agenda self, en waarsku die geleentheid kan elite-belange bevoordeel, en nie die van die publiek nie. Dikgetsi sê COPE eis ‘n uitstel, behoorlike raadpleging, billike verteenwoordiging, en die belofte om ‘n omvattende posisiedokument te deel waarin ‘n werklik inklusiewe nasionale dialoog uiteengesit is:
COPE eis uitstel van Nasionale Dialoog [KLANK]
ENG DikgetsiOnNationalDialogue