Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 13 Augustus 2025:
NASIONAAL:
# Business Day:
Berig die regering sal na verwagting vyf jaar uitstel verleen aan Suid-Afrikaanse uitvoerders om gesamentlik verskepingskoste, intelligensie en infrastruktuur te dra as deel van ‘n reuse-poging om goedere in die lig van die VSA-tariewe mededingend te hou.
# En die Netwerk24-webblad:
Berig die Nasionale Dialoog kry al hoe meer die wind van voor. Die MK-party en die Vryheidsfront Plus het nou ook hul steun onttrek. AfriForum en Solidariteit gaan ook nie verder deelneem nie hoofsaaklik omdat die ANC volgens hulle die dialoog gekaap het.
Tweedens skryf die webblad die 39-jarige Mark Duffar-Roberts wat in Centurion skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n minderjarige, is in Mosambiek opgespoor en gearresteer. Hy het in Desember gevlug voordat hy gevonnis kon word.
En laastens is daar nuus oor die Suid-Afrikaanse kolwer Dewald Brevis se deurbraak-kolfbeurt teen Australië.
GAUTENG:
# The Star:
Skryf belastingbetalers het die afgelope vyf jaar 779-miljoen-rand betaal om privaat sekuriteit by staatseiendomme reg oor die land te verskaf. Daar is sowat 318 eiendomme wat tans deur privaat sekuriteitsmaatskappye beskerm word.
En tweedens word berig die pop-ikoon Madonna het Pous Leo versoek om na Gaza te reis, waar ‘n ernstige humanitêre krisis ontvou.
# Sowetan:
“A TICKING TIME BOMB”. Dis hoe die koerant na die steeds stygende werkloosheidsyfer in die land verwys. Die koerant berig die huidige situasie sal verder agteruitgaan as gevolg van die VSA se tariewe.
# En The Citizen:
Skryf die Tshwane-burgemeester Nasiphi Moya kan toegesluit word indien sy nie dringend uitvoer gee aan ‘n 2022-hofbevel om die Varsproduktemark op te gradeer nie.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Lei met dieselfde hoofberig as Netwerk24 oor die Nasionale Dialoog.
En tweedens word berig beamptes in kusdorpe is op gereedheidsgrondslag nadat voëlgriep vir die eerste keer sedert verlede jaar onder wilde voëls uitgebreek het.
OOS-KAAP:
# Daily Despatch in Oos-Londen:
Berig eerstens oor die nuwe Studentelewesentrum wat by die Fort Hare-universiteit gebou gaan word en die ekonomiese voordeel wat dit inhou.
En skryf die polisie het ‘n soektog van stapel gestuur nadat ‘n man en sy swanger vrou geskiet is.
KWAZULU-NATAL:
# The Witness in Pietermaritzburg:
Skryf die minister van Handel en Nywerheid, Parks Tau, het bevestig dat Suid-Afrika ‘n nuwe aanbod aan Washington sal voorlê as deel van voortgesette handelsonderhandelinge.
En tweedens is daar nuus oor die tonne dwelmmiddels waarop in tronke beslag gelê is.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig die groeiende koste van die sekuriteit vir renosters veroorsaak dat talle private eienaars van hul diere ontslae raak.
En tweedens skryf die koerant Enercon Namibia eis 484-miljoen-rand in skadevergoeding van die ministerie van Verdediging oor die beweerde kansellasie van sy brandstofverskaffingsooreenkoms.