# Sokker: Engeland se beheerliggaam het die voormalige Premierliga-skeidsregter, David Coote, vir agt weke geskors oor aanmerkings wat hy verlede jaar oor die gewese afrigter van Liverpool, Jurgen Klopp, gemaak het. ‘n Video oor die aangeleentheid is wyd versprei. Coote sê hy het gedink hy was in ‘n privaat gesprek toe hy die aanmerkings gemaak het, maar het erken dat dit kru en onvanpas was. Die Premierliga het hom vroeër afgedank terwyl die Europese beheerliggaam, UEFA, hom tot Julie volgende jaar verbied het om wedstryde te hanteer.
Sokker: Voormalige Premierliga-skeidsregter geskors vir agt weke oor kritiek op Klopp