# Krieket: Dewald Brevis se skitterspel het Suid-Afrika gehelp om die tweede T20 teen Australië in Darwin met 53 lopies te wen en die gasheer se lopie van nege agtereenvolgende oorwinnings te stuit. Sy onoorwonne 125 van slegs 56 balle het die Proteas laat eindig op ‘n reuse 218 vir sewe. Australië se paaltjies het daarna bly tuimel en hulle is uitgeboul vir 165. Corbin Bosch en Kwena Maphaka het albei drie paaltjies geneem. Die beslissende wedstryd word Saterdag in Cairns gespeel. Australië het die eerste kragmeting gewen.
Krieket: Brevis vuur Proteas aan tot oorwinning met 53-lopies in tweede T20 teen Australië