# Die Hatfield-landdroshof het borgtog aan Thabo Enoch Theletsane, wat op parool is, geweier. Hy word beskuldig van bedrog en dat hy hom voorgedoen het as die voormalige Valke-hoof, Godfrey Lebeya. Die 41-jarige staan tereg op aanklagte van onder meer identiteitsbedrog. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Lumka Mahanjana, sê Theletsane het hom as Lebeya voorgedoen deur slagoffers te bedrieg. Sy sê die saak is tot September uitgestel vir oordrag na die Pretoria-landdroshof:
Borgtog geweier vir man op parool wat hom as voormalige Valke-hoof Lebeya voordoen [KLANK]
ENG MahanjaniOnImpersonator