Skip to content

MK-party sluit aan by oproepe dat minister McKenzie verwyder word

# Die MK-party doen ʼn beroep dat Gayton McKenzie as minister van Sport, Kuns en Kultuur verwyder word. Plasings op sosiale media van meer as ʼn dekade gelede word aangehaal waarin McKenzie na bewering neerhalend van swart mense praat. Die minister hou vol die rassistiese plasings is met kunsmatige intelligensie geskep en nie sy eie woorde nie. Die MK-party sê Suid-Afrika kan nie ʼn regering bekostig wat blykbaar misdadigers se belange of rassistiese agendas bevorder nie.