# Lede van die Europese Parlement sê geen vrede kan sonder die volle deelname van Oekraïne se demokraties verkose leierskap en die ondersteuning van sy mense bereik word nie. President Donald Trump van Amerika ontmoet Vrydag sy Russiese ampsgenoot, Vladimir Putin, om ʼn moontlike skietstilstand te bewerkstellig. Lede van die Europese Parlement sê enige ooreenkoms op voorwaardes wat Rusland voorskryf of wat dié land se oorlog teen Oekraïne beloon, sal veiligheid op die Europese vasteland ernstig in gevaar stel.
Lede van die Europese Parlement sê geen vrede kan sonder Oekraïne onderhandel word nie