# ‘n Man in Oostenryk het op ‘n hoëspoedtrein gespring nadat hy by ‘n stasie afgeklim het om gou vinnig ‘n dampie te maak. Plaaslike media berig die man, ‘n 24-jarige Algeryn, het besef die trein begin wegtrek en het besluit om op die spasie tussen twee waens te spring. Hy het teen die vensters begin klop om mede-passasiers se aandag te trek, voor die trein ‘n noodstop uitgevoer het om hom aan boord te kry. Die diens van Zürich, Switserland op pad na Wene was met sewe minute vertraag en die man is in hegtenis geneem.
Man spring op bewegende hoëspoedtrein in Oostenryk