# Rugby: Die Australiese Vroue se Wêreldbekerveldtog is ‘n ernstige knou toegedien met die ontrekking van hulle sewes-ster, Charlotte Caslick, as gevolg van ‘n enkelbesering. Die Olimpiese gouemedaljewenner en sewes-Wêreldbekerwenner het onlangs na die 15-speler-formaat oorgeslaan en is verlede week in die groep ingesluit ondanks ‘n operasie ‘n maand gelede. Sy het gehoop om betyds fiks te wees maar is noodgedwonge uitgelaat. Caslick word vervang deur die tiener-nuweling, Manua Moleka. Die toernooi begin volgende Vrydag in Engeland en die Wallaroos speel hulle eerste wedstryd die volgende dag teen Samoa.
Rugby: Sewes-superster onttrek aan Australiese vroue se Wêreldbeker-groep