# Die hoof van Tshwane se metropolisie, Yolande Faro, word daarvan beskuldig dat sy nie ʼn groot kontantgeskenk verklaar het nie. Faro, haar senior amptenare en hul metgeselle is in Februarie uitgenooi na ʼn fees by die Sun City-oord in Noordwes. Hulle het volgens berigte sowat 450-duisend-rand as geskenk ontvang. Dis nie bevestig of die geld verklaar is nie. Die metro se woordvoerder, Lindela Mashigo, sê ʼn interne proses is aan die gang en voeg by hulle sal seker maak daar is volle aanspreeklikheid en deursigtigheid.
Tshwane-metropolisie se hoof word ondersoek oor vermeende kontantgeskenk