Skip to content

Ramaphosa sê vroue se uiteenlopende menings sal in Nasionale Dialoog weerspieël word

# President Cyril Ramaphosa sê geen regeringsbesluit mag geneem word sonder om in ag te neem hoe dit vroue raak nie. Organisasies vergader Vrydag by die Nasionale Konvensie in Pretoria om die Nasionale Dialoog se proses te begin. Die president sê in sy weeklikse nuusbrief gegewe die geskiedenis van vroue in die land se stryd, verwag hy dat hulle weer na vore sal kom en aktief deelneem aan die dialoogproses. Ramaphosa voeg by uiteenlopende menings en voorkeure van alle Suid-Afrikaanse vroue sal weerspieël word.