# Die Anglikaanse aartsbiskop, Thabo Makgoba, sê die Nasionale Dialoog moet ʼn sukses wees om armes en gemarginaliseerdes te bevoordeel. Belangrike organisasies agter die veldtog, insluitend die Thabo Mbeki-stigting en die Desmond en Leah Tutu-stigting, het onttrek aan die beplanningsproses en die Nasionale Konvensie, wat na verwagting Vrydag begin. Hulle is bekommerd oor onvoldoende voorbereidingstyd en te veel staatsbeheer. Makgoba sê om geloofwaardig te wees, moet die dialoog vry wees van manipulasie deur politieke en ekonomiese elite.
Aartsbiskop Makgoba sê Nasionale Dialoog moet vry wees van politieke en ekonomiese elite se manipulasie