# Die mees ervare Springbok-vrouespeler, Nolusindiso Booi, sal intussen ʼn sterk groep van 32 lei op die Vroue-Wêreldbekertoernooi in Engeland. Die span spog met spelers wat altesaam 689 keer vir die Bokke uitgedraf het. Negentien het Wêreldbeker-ervaring, onder andere onderkaptein Babalwa Latsha, wat die span in 14 toetse aangevoer het. Suid-Afrika skop hul veldtog die 24ste in Northampton af teen die toernooi se nuweling, Brasilië, voor hul ander Groep D-wedstryde teen Italië en Frankryk. Die groep kom môre in Johannesburg bymekaar.
Rugby: ’n Ervare Bok-vrouespan is op pad na die Wêreldbeker in Engeland