# Krieket: Australië het Suid-Afrika met 17 lopies geklop in die eerste van drie T20s in Darwin vir hulle negende agtereenvolgende oorwinning. Tim David het 83 aangeteken en ‘n sewende paaltjie-vennootskap van 59 met Ben Dwarshuis gedeel. Die gashere is vir 178 uitgeboul. Die 19-jarige Kwena Maphaka het beïndruk vir die Proteas en vier paaltjies geneem. Ryan Rickelton se 71 lopies het Suid-Afrika tot die laaste boulbeurt in die wedloop gehou, maar die besoekers kon nie die teiken haal nie. Die tweede T20 word môre ook in Darwin gespeel.
Krieket: Australië klop die Proteas vir hul negende agtereenvolgende T20-oorwinning