# Die Presidensie sê die totale koste van die begroting vir die Nasionale Dialoog sal ontwikkel word sodra die struktuur en vorm van die gemeenskapsdialoog afgehandel is. Die aanvanklike koste van 700-miljoen-rand waaroor berig is, is wyd veroordeel. Die Presidensie sê die Universiteit van Suid-Afrika sal die eerste nasionale konvensie aanbied en die infrastruktuur en dienste gratis verskaf. Geld sal uit die begrotings van NEDLAC en die Presidensie toegeken word om die oorblywende koste te dek. Volgens die Presidensie sal koste streng gemonitor word.
Presidensie reageer op kommer oor die koste van die Nasionale Dialoog