# Boks: ‘n Tweede Japannese bokser is dood aan breinbeserings wat hy tydens ‘n geveg in Tokio opgedoen het. Die 28-jarige Hiromasa Urakawa is gister dood nadat hy in die agtste ronde van sy geveg teen Yoji Saito op 2 Augustus met ‘n uitklophou uitgeslaan is. Dit volg op die dood van Shigetoshi Kotari Vrydag aan beserings wat hy tydens ‘n afsonderlike geveg by Tokio se Korakuen-saal opgedoen het. Beide boksers het ‘n operasie ondergaan vir subdurale hematoom – ‘n toestand waar bloed tussen die skedel en die brein versamel. Die Japan Bokskommissie het aangekondig dat alle plaaslike en streektitelgevegte nou 10 rondes in plaas van 12 sal wees.