# ‘n Vierjarige meisie van Eldorado Park is dood aan beserings wat sy opgedoen het nadat sy na bewering wreed deur haar 32-jarige pa mishandel is. Sy is vandag in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto oorlede. Die polisie is Woensdag in kennis gestel van die mishandeling in ‘n agterplaas-shack waar hulle die ernstige beseerde kind in die bed, in die teenwoordigheid van haar pa en jonger broer, gevind het. Albei die ouers is gearresteer. Die pa het in die Protea-Landdroshof op aanklagte van poging tot moord en kindermishandeling verskyn. Die ma is aangekla van verydeling van die regproses. Ondersoeke na die saak duur voort.