# Die MK-party sê Vrouemaand moet ‘n katalisator wees vir werklike strukturele verandering en die volledige bevryding van Suid-Afrikaanse vroue. Die party vra vir die aftakeling van ekonomiese en sosiale stelsels wat ongelykheid laat voortduur, om sodoende gelyke toegang tot geleenthede te bied, en vroue van geweld beskerm. Die nasionale voorsitter van die party, Nathi Nhleko, sê simboliese gebare is nie genoeg nie, en vra vir beleide wat vrouens in leierskap, in die werkplek, en in gemeenskappe bemagtig, terwyl hulle armoede en werkloosheid beveg, wat vroue ernstig raak:
MK-party vier Vrouemaand met oproepe vir strukturele verandering en bevryding [KLANK]
ENG NhlekoOnWomensMonth