Skip to content

Krieket: McGrath voorspel Australië gaan skoonskip maak in die reeks om die As

# Krieket: Die voormalige Australiese bouler, Glenn McGrath, glo sy land gaan ‘n skoonskip-oorwinning van 5-0 oor Engeland behaal in die volgende reeks om die As, wat in November begin. Engeland het laas in 2015 die gesogte kruikie gewen. McGrath, wat die As ses keer gewen het, sê hy het volle vertroue in die Baggy Green met spelers soos Pat Cummins, Mitchell Starc en Josh Hazlewood. Engeland kon laas in 2010 ‘n toets in Australië wen. McGrath sê dit gaan interressant wees om te sien of hulle sake kan omkeer.