# Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, het die aanstelling van ‘n tussentydse raad vir die Padongelukkefonds aangekondig nadat die vorige raad verlede maand ontbind is weens bestuurs-mislukkings. Die Nasionale Tesourie se voormalige hoofverkrygingsbeampte, Kenneth Brown, sal as voorsitter dien, met die oud-beleggingsbankier Nonhlanhla Mabusela-Aikhuere as ondervoorsitter. Creecy het op ‘n nuuskonferensie gesê die raad sal ses maande dien of tot ‘n permanente raad aangestel word:
Minister Barbara Creecy kondig tussentydse raadsaanstellings by Padongelukkefonds aan [KLANK]
ENG CreecyOnRAFBoard