# Minstens 20 KwaZulu-Natalse munisipaliteite is in gevaar om befondsing van die Nasionale Tesourie te verloor. Dit is weens die munisipaliteite se versuim om strategieë te ontwikkel om ongemagtigde, onreëlmatige, vrugtelose en verkwistende uitgawes te verminder en te voorkom. Van die munisipaliteite wat genoem word, is Impendle, Zululand, Jozini, Endumeni, Msunduzi en Newcastle. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana het in ‘n skrywe aan die LUR vir Finasies in KZN, Francosi Rodgers, verklaar volgehoue nie-nakoming van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur se voorskrifte kan nie onverpoosd voortduur nie.