Skip to content

Vryemarkstigting sê Onteieningswet is nie bevorderlik vir grondhervorming nie

# Die Vryemarkstigting doen ʼn beroep op die Parlement om die Onteieningswet te onttrek en ʼn regverdige en billike grondhervormingsprogram in te stel. Die wet bied ʼn algemene raamwerk vir prosesse en prosedures waarvolgens staatsorgane eiendom kan onteien. Die stigting sê die wetgewing is gevaarlik, ongrondwetlik en kan nie tot enige grondhervorming lei nie. Hy sê die belangrikste korttermynaanbeveling is dat die huidige Onteieningswet vervang moet word met ʼn Wet op Onteieningsbeheer wat onteienings-wetgewing in Suid-Afrika normaliseer.