Skip to content

Rugby: Erasmus onderneem om jong spelers vir toekoms voor te berei

# Rugby: Springbokafrigter Rassie Erasmus is van plan om spandiepte te bou en jong talent vir die toekoms voor te berei. Die Bokke het hul voorbereidingskamp van twee weke in Johannesburg afgesluit. Drie Junior Springbokke wat Wêreldrugby se Onder-20 Kampioenskap gewen het, het deelgeneem. Erasmus sê Bathobele Hlekani, Cheswill Jooste en Haashim Pead is blootgestel aan wat nodig is om op die hoogste vlak van die sport mee te ding. Die Bokke kom weer Sondag bymekaar wanneer hulle op die Rugbykampioenskap sal begin fokus.