# Rusland en Indië het hul verbintenis tot ‘n strategiese vennootskap in bilaterale veiligheidsgesprekke in Moskou beklemtoon. Dit volg ná die Amerikaanse president Donald Trump se aankondiging oor hoër tariewe op Indiese invoere omdat hy Russiese olie aangekoop het. Die Indiese nasionale veiligheidsraadgewer, Ajit Doval, sê Nieu-Delhi sien uit na ‘n besoek van president Vladimir Putin teen die einde van die jaar. Trump se instelling van ‘n bykomende 25-persent-tarief op goedere uit Indië, wat op die 28ste in werking tree, dui op die ernstigste agteruitgang in die VSA-Indiese verhoudings sedert die begin van sy tweede ampstermyn.
Rusland en Indië verbind tot strategiese vennootskap ná Trump se tariefverhoging