# Brandbestryders worstel ‘n derde agtereenvolgende dag om Frankryk se grootste veldbrand in byna agt dekades te bestry, nadat meer as 16-duisend hektaar reeds verbrand het, een persoon dood is en talle huise vernietig is. Reuters berig rookwolke hang oor die beboste gebied in die Aude gebied in Suid-Frankryk. Plaaslike owerhede het gesê behalwe die een slagoffer, word drie vermis en twee mense, insluitend ‘n brandbestryder, is in ‘n kritieke toestand. Die brand, ongeveer 100 km van die grens met Spanje en nie ver van die Middellandse See nie, het Dinsdag begin en vinnig versprei.