# ‘n Man het sy aansoek om borgtog in die Landdroshof in Pretoria laat vaar nadat hy aangekla is van die moord op Loveness Magabe. Die twee het op sosiale media begin gesels en daarna gereël om mekaar te ontmoet. Lumka Mahanjana van die NVG sê haar liggaam is in ‘n vlak graf by die beskuldigde, Helder Isidro, se huis in Eersterust gevind. Mahanjana sê hy is in Limpopo in hegtenis geneem. Die saak word op 15 Oktober hervat: