Skip to content

Krieket: Protea-speler Wiaan Mulder benoem vir IKR se manspeler van die maand vir Julie

# Krieket: Die veelsydige Protea-speler Wiaan Mulder is saam met Ben Stokes van Engeland en Shubman Gill van Indië benoem as die Internasionale Krieketraad se Speler van die Maand vir Julie. Mulder het ʼn onoorwonne 367 gemoker in die tweede toets teen Zimbabwe, wat die hoogste individuele telling in Suid-Afrika se toetsgeskiedenis is. Stokes het in Julie 251 lopies behaal en 12 paaltjies platgetrek in drie toetse van die Engeland-Indië-reeks. Gill het ʼn groot rol gespeel in Indië se rekord-sege teen Engeland by Edgbaston waar hy in die eerste beurt 269 bygedra het.