# Nooddienste in die Stad Tshwane doen ‘n beroep op inwoners om waaksaam te bly nádat ‘n Vlak 3 Geel Waarskuwing vir ernstige donderstorms vir vandag uitgereik is. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen swaar reën, hael, skadelike wind en weerlig in Gauteng, insluitend Tshwane. Risiko’s sluit in gelokaliseerde oorstromings, verkeersontwrigtings en skade aan infrastruktuur. Inwoners word aangeraai om binnenshuis te bly, laagliggende strate te vermy en brandveiligheid tydens die koue weer te beoefen. Die stad se woordvoerder Lindsay Mnguni sê die stad is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag ten tye van die storm:
Tshwane-nooddienste bepleit versigtigheid ná waarskuwing oor ernstige donderstorms [KLANK]
ENG-MnguniOnWeather