# Die nasionale uitvoerende komitee van die ANC het besluit om die regering van nasionale eenheid te herset ten einde deelname te verbreed en sy doeltreffendheid te versterk. Die komitee het party-amptenare aangesê om weer met die RNE-vennote in gesprek te tree om die volle implementering van die verklaring van voorneme te verseker. By ‘n inligtingsessie na afloop van die NUK-vergadering in Germiston, Ekurhuleni, het sekretaris-generaal Fikile Mbalula gewaarsku teen enige pogings om die RNE vir partypolitieke belange te misbruik:
Die ANC NUK besluit om die RNE te herset om deelname te verbreed [KLANK]
ENG MbalulaOnUnityGovernment