Skip to content

Sokker: Arteta van Arsenal glo dinge gaan hierdie seisoen anders verloop vir sy span

# Sokker: Arsenal se hoofafrigter, Mikel Arteta, sê hierdie seisoen gaan anders wees vir die Gunners nadat hulle ‘n hele paar keer net-net nie bekers kon wen nie. Arteta het in sy eerste seisoen in 2019/20 laas ‘n trofee gewen toe hulle die FA-beker ingepalm het. Hy het Arsenal wel omskep in ‘n span wat gereeld aanspraakmakers op groot trofees is. Arteta se span het die afgelope drie jaar tweede gekom in die Premierliga en verlede seisoen die eerste keer sedert 2009 die halfeindronde van die Kampioeneliga bereik.