# Die Amerikaanse kuswag se Mariene-ondersoekraad het bevind die noodlottige inploffing van OceanGate se Titan-duikbootjie was voorkombaar. Dit het in Junie 2023 in die Atlantiese Oseaan verdwyn toe dit na die Titanic-wrak afgesak het. Dit het na 90-minute ingeplof en al vyf mense aan boord, insluitend OceanGate se uitvoerende hoof, Stockton Rush, is dood. ʼn Verdoemende verslag van 335 bladsye het bevind die duikbootjie se ontwerp, sertifisering, onderhoud en inspeksieproses was onvoldoende. Ondersoekers het tot die gevolgtrekking gekom Rush was nalatig wat bygedra het tot vier mense se dood.
Amerikaanse kuswag se verslag bevind Titan-duikbootramp was voorkombaar