# Gauteng se premier, Panyaza Lesufi, het die Departement van Gemeenskapsveiligheid se hoof, Nontsikelelo Sisulu, en finansiële hoof, Mduduzi Malope, met onmiddellike ingang geskors. Dit volg na ʼn forensiese ondersoek deur die Provinsiale Forensiese Ouditeenheid in die premier se kantoor. Die ondersoek het op finansiële onreëlmatighede in die departement afgekom. Die provinsiale regering se woordvoerder, Vuyo Mhaga, sê deur proaktiewe en regstellende maatreëls sal hulle bestuur versterk en seker maak staatsfondse word eties en verantwoordelik aangewend:
Gautengse premier skors Departement van Gemeenskapsveiligheid se hoof en finansiële hoof [KLANK]
ENG MhagaOnSuspension