# Die regering van Rwanda sê hy sal tot 250 migrante van die Verenigde State aanvaar, maar het nie besonderhede gegee oor wie by die ooreenkoms ingesluit kan wees nie. Washington is besig met ‘n deportasieveldtog, met President Donald Trump se administrasie wat omstrede reëlings onderhandel om mense na derdewêreld lande te stuur, onder andere Suid-Soedan en Eswatini. Dit volg na ‘n gekanselleerde ooreenkoms met Brittanje, waar Kigali gedeporteerde onwettige migrante vanuit Brittanje sou ontvang het. Rwanda sê hy sal elke persoon wat deur Amerika voorgestel word, onafhanklik goedkeur.
Rwanda sal tot 250 ‘migrante’ van die VSA af aanvaar